|
Post by cjm on Nov 29, 2013 4:58:25 GMT
Die wonderlike droom
Het julle gehoor van my wonderlike droom?
Elke aand droom ek van ’n ander boud:
Die eerste boud is 'n hoenderboud,
Die tweede boud is ’n beesteboud,
Die derde boud is Amina se boud.
Boude, lekker hoenderboude,
Boude, lekker beesteboude.
Die boat wat ry sal jy in die water kry,
Wat jy wil he is die boud wat by jou lê.
Ek droom ek vat aan Amina se boud:
Die linkerboud was 'n bietjie koud,
Maar haar regterboud maak my so benoud,
Toe eet ek maar liewer die hoender se boud.
Maandag loer ek so die boud,
Dinsdag is die boud nog koud,
Woensdag raak die boud benoud,
Donderdag is ek sommer stout.
Die hoender se boud is piekelsout.
Wie het nou die regte boud?
Wat ek wakker skrik,
Toe kyk ek rond:
Die komberse lê almal
Op die grond.
Dis ´n droom,
Dis 'n droom,
Dis 'n wonderlike droom,
Dis ’n droom van baie boude.
ID du Plessis
Du Plessis was gay
|
|
|
Post by cjm on Dec 1, 2013 5:15:10 GMT
oog van die delwer
volgens die grootte
van jou mynhopies
skat hy
die diepte van jou skag
Wium van Zyl
|
|
|
Post by cjm on Dec 3, 2013 7:41:18 GMT
Voort-trekkers, 1975
Die Portugese vlug uit Angola in lang
konvooie deur Suidwes na die veiligheid
Van Suid-Afrika. My pa is ook op pad.
Sy gemeente - die N.G. Sendingkerk -
strek oor die ganse dunbevolkte land.
Tussen Rehoboth en Windhoek raak
sy armlastige Peugeot aan die kook.
Hy stop by ’n vlugtelinggroep, uitgespan
in die skadu van ’n boom. “Aqua? Aqua?”
probeer hy in sy Skoollatyn. “O, meneer
soek water,” sê ’n donker vrou in Afrikaans.
Sy is ’n afstammeling van die Dorslandtrekkers
en nou, vir altyd, op pad na Portugal.
In soveel gedaantes sal die Afrikaner aanhou trek.
Daniel Hugo
|
|
|
Post by cjm on Dec 4, 2013 7:23:33 GMT
Voort-trekkers, 1975
Die Portugese vlug uit Angola in lang konvooie deur Suidwes na die veiligheid Van Suid-Afrika. My pa is ook op pad. Sy gemeente - die N.G. Sendingkerk - strek oor die ganse dunbevolkte land. Tussen Rehoboth en Windhoek raak sy armlastige Peugeot aan die kook. Hy stop by ’n vlugtelinggroep, uitgespan in die skadu van ’n boom. “Aqua? Aqua?” probeer hy in sy Skoollatyn. “O, meneer soek water,” sê ’n donker vrou in Afrikaans. Sy is ’n afstammeling van die Dorslandtrekkers en nou, vir altyd, op pad na Portugal. In soveel gedaantes sal die Afrikaner aanhou trek. Daniel Hugo
Miskien is ons hemelse lot om trekvoëls te wees.
In die Voortrekkers het ons gesing:Ek wil nog trek Tot op my oudag toe Nog twintig, dertig, veertig, vyftig, sestig, sewentig jaar.
En al is my hare wit soos die sneeu daar op die berg en my kierie soek die pad...
Ek wil nog trek Tot op my oudag toe Nog twintig, dertig, veertig, vyftig, sestig, sewentig jaar.
|
|
|
Post by cjm on Dec 5, 2013 5:15:38 GMT
Eatonweg, Tuine - 1990
Ek sit en drink by Braam de Vries: kurkdroë grand cru gebottel in die Breëriviervallei. Met smaak blaai Braam deur sy storie-almanak: “Op die Februariedag van F.W. se toespraak ry ek Worcester toe om wyn te koop.” (Dit bly my verbaas dat die mense Van die Klein Karoo - ook onaangeklam - met sulke geroeste erre praat.) “Die motorradio is aan en F.W. raak plek-plek bewoë, maar in die Hugenote-tonnel verdwyn die sein. Toe ek anderkant uitkom, is dit in die Nuwe Suid-Afrika met ’n wettige ANC en ’n bevryde Mandela. By Kleinplasie se winkel is daar gelukkig nog wyn teen die ou prys. Denkend aan jou het ek genoeg gekry. Gesondheid! Al is dit ook ’n tyd vir nugter bly.”
Daniel Hugo
|
|
|
Post by cjm on Dec 5, 2013 7:06:17 GMT
|
|
|
Post by cjm on Dec 17, 2013 5:20:28 GMT
GENIS EN DIE DIGTENDE STRAATVROU
In Maart 1983 het ek die manuskrip van die tweede deel van my Geskiedenis
van die Afrikaanse literatuur voltooi en aan die uitgewers oorhandig. Omdat ek
toe reeds vaste planne gehad het om ’n biografie oor die digter D.J. Opperman
te skryf en dit buitendien resestyd by die Universiteit van die Witwatersrand
was, het ek einde Maart 1983 na Stellenbosch vertrek om die dokumente in
die Oppermanversameling in die Universiteitsbiblioteek deur te gaan, van die
belangrikste stukke fotokopieë aan te vra en terselfdertyd die geleentheid te
gebruik om met Opperman se vriende op Stellenbosch en in Kaapstad onder-
houde te voer.
Een van die persone wat ek opgesoek het, was prof. W.J. du P. Erlank, afge-
trede hoogleraar in die Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van
Stellenbosch. Hy was ’n gewaardeerde ouddosent van my en iemand wat aan
die letterkundige publiek bekend was as Eitemal, skrywer van onder meer die
“eselsromannetjie” Jaffie en gewilde bydraes tot die FAK-Volksangbundel. Na
ons gesprek oor Opperman vra prof. Erlank my of ek al ooit van die digteres
Ella Meyer gehoor het. Met die manuskrip van die tweede deel van my litera-
tuurgeskiedenis nog vars in die geheue kon ek onmiddellik en beslis “nee”
antwoord. Daarop gaan haal prof. Erlank my ’n manuskrip wat hy, so ver hy
kon onthou, in die laat twintiger- of vroeë dertigerjare ontvang het van iemand
wat haar as Ella Meyer bekend gestel het. Toe hy uiteindelik maande later die
gedigte op ’n aand lees, is hy onmiddellik getref deur die geding-met-God
daarin, wat ’n klein voorspel op die Dertigers was, terwyl die stadsrealisme in
al sy wrangheid ’n motief in die vooruitsig stel wat eers in die werk van digters
uit die veertigerjare, soos SJ. Pretorius en DJ. Opperman, voortgesit sou
word. Toe prof. Erlank later hierdie manuskrip met die digteres wou bespreek,
het hy ontdek dat die adres en telefoonnommer van Ella Meyer nie daarby was
nie. Sou ek nie so vriendelik wees, het hy gevra, om die manuskrip met my
saam te neem en iets verder oor Ella Meyer te probeer uitvind nie.
Terug in Johannesburg het ek op ’n aand die gedigte van Ella Meyer ter
hand geneem. Die manuskrip het bestaan uit twee siklusse met die titels
“Analise” en “Seun”. By die lees het sekere beelde en reëls my onmiddellik
getref, soos die aardse realisme in die uitbeelding van ’n “ontugtige vrou”; die
wind en wolke wat met die middag kom, “so breed en swaar soos ’n swanger
vrou/ wat die aarde se drifte gevange hou”; die “onstuimige strate wat met die
wind veg”; en die herhaalde siening van die uitsiglose lewe in die stad. Hierdie
reëls en sienings was inderdaad destyds iets nuuts vir die Afrikaanse xxxxie.
Daarom het ek besluit om enkele van die gedigte te publiseer in Standpunte,
die letterkundige blad waarvan ek indertyd redaksie-sekretaris was. Ek het die
gedigte laat voorafgaan deur ’n kort aantekening waarin ek kortliks verduide-
lik hoe ek aan die gedigte gekom het. Indien enige leser van Standpumte, so het
ek versoek, iets van “hierdie meteoriese digteres weet, ontvang die redaksie
graag inligting oor haar”. Op my oproep was daar geen reaksie nie en ’n rukkie
later het ek die manuskrip - vandag, helaas, tot my groot spyt - aan prof.
Erlank teruggestuur.
Intussen het ek, so tussen lesings, vergaderings, administrasie en ander
verpligtinge deur, met die werk aan die beoogde Opperman-biografie voort-
gegaan, onder meer deur die groot hoeveelheid fotokopieë van die dokumente
wat ek van Stellenbosch af saamgebring het stelselmatig deur te werk. Op ’n
aand kom ek af op ’n brief wat G.A. Watermeyer op 29 Februarie 1948 aan
Opperman geskryf het. “Ek het onlangs interessante nuus omtrent ’n nuwe
digteres, Ella Meyer, verneem”, so skryf Watermeyer. “Die lewensgeskiedenis
is ontroerend, van die gedigte bevat m.i. blyke van sterk talent, alhoewel die
vorm meestal onbevredigend is en daar te veel gebruik van sekere herhalings ,
gemaak word. Enkele reëls is werklik mooi, bv. ‘Jou hand wat huiwer langs my
hart.’ Sy self is ’n buite-egtelike kind, so was ook haar moeder, en ewe-as haar
moeder was sy ’n straatvrou, iets wat sy sonder skroom in haar verse uitbring.
Sy raak verlief op ’n man, in haar gedigte gesimboliseer as ‘die seun’. Nadat
hierdie persoon as gevolg van ’n ongeluk die lewe inskiet, skok dit haar só
geweldig dat sy haar lewe as straatvrou die rug draai en o.m. haar B.A.-graad
verwerf.Waar sy nou is of wat sy doen, weet ons nie.’n Kêrel met die naam van
Jacques Loots - ek hoop ek het die naam reg; iemand wat vroeër ’n bundel by
die Nasionale Pers wou of sou uitgee - die geval is jou bekend - het haar glo
ontdek. Om een of ander rede, miskien bloot jaloesie, hou hy haar identiteit
geheim. Haar bundel, ewe-as syne, is op die oomblik by Tr. & S. Uitgewers. Ek
het hom nie self ontmoet nie, maar hy verskaf glo gewillig eksemplare van haar
poësie waarvan ek jou ’n paar insluit.Vir sowel die pornografiese as die digter-
like aspek daarvan mag dit vir jou interessant wees.”
Die lees van Watermeyer se brief het opnuut die naam Ella Meyer by my
in die herinnering geroep, nou verbind met dié Van Jacques Loots, wat toe nog
nie vir my iets gesê het nie. Dat ek reeds in daardie stadium ’n digbundel van
ene Jacques Loots gelees en dat sy werk in deel 2 van my literatuurgeskiedenis
ter sprake was, het my eerlikwaar ontgaan. Dit was dan ook, volgens my
oordeel, ’n bundel wat slegs terloopse vermelding verdien het. Omdat dit eers
in 1966 onder die titel Eenhoring deur Voortrekkerpers gepubliseer is, het ek
dit aanvanklik nie met die Jacques Loots van Watermeyer se brief van 1948 in
verband gebring nie. Oor die bundel was daar trouens in my literatuurge-
skiedenis niks meer as ’n halwe sinnetjie nie. Daarin karakteriseer ek dit bloot
as “ongevoelige verse in tradisionele en vryer vorme oor die liefde, dood en
troosteloosheid van die stad.” Die gedigte van Ella Meyer, wat Watermeyer by
sy brief aan Opperman ingesluit het, was egter wel vir my plek - plek treffend,
al het nie een gedig my volkome bevredig nie. Wat my wel opgeval het, was die
benouende siening van die stad, die naakte realisme van ’n seksueel vrysinnige
lewe en die uitbeelding wat soms aan die surrealistiese gegrens het. Veral die
woordgebruik en beelding moes in die laat veertigerjare Vir die Afrikaanse leser
betreklik skokkend gewees het, selfs al was dit die periode waarin die “geel
pers” met sy oppervlakkige kyk op die lewe en die liefde in die lektuur van die
tyd aan die opmars was. In een van die verse skryf Ella Meyer byvoorbeeld as
volg oor die geweld van die seksuele ervaring:
Blikslag en trompetgeskal.
Die skares lag want ek is mal;
die aarde trommel met basgedreun;
God kreun.
Die woonstelle spaander in splinters;
’n Man kruip by my in die bed;
my onderrok is flenters;
deur die nou venster fladder my kouse met
’n gat in die een hak.
In die boonste vlak
gil ’n vrou aanhoudend, op
die tafel lê ’n man sonder kop.
En ek lag, want ek het meer as sy het
by my is ’n man in die bed.
Omdat ek met die identiteit van Ella Meyer geen vordering kon maak nie, het
die hele aangeleentheid vir my indertyd as gevolg van ander aktiwiteite op die
agtergrond geraak. Op ’n dag, terwyl ek in my motor onderweg van die
Universiteit van die Witwatersrand huis toe was, skakel ek die radio aan.
Toevallig was die akteur Ernst Eloff in ’n onderhoud aan die woord en het die
naam Van Jacques Loots weer opgeduik, iemand wat intussen deur sy rol as
Genis in P.G. du Plessis se Koöperasiestories oor die televisie met sy haastige
stappie, sy “beswaardheid” en veral sy prominente wenkbroue landwye be-
kendheid verwerf het. Skielik het die gedagte by my opgekom dat hierdie
Jacques Loots tog die digter van Eenhoring kon wees en dat hy dus vir my iets
meer van Ella Meyer sou kon vertel.
By die huis aangekom, het ek dadelik Ernst Eloff gebel en Jacques Loots
se telefoonnommer in die hande gekry. Dieselfde aand het ek hom gebel. Die
inligting wat ek toe bekom het, was werklik vir my - wat toe al jare lank met
literêre speurwerk besig was en soms die verrassendste dinge denkbaar onder
oë gekry het, iets verstommends. Aan die begin van ons gesprek het ek my
bekendgestel en Jacques Loots gevra of hy die skrywer van die digbundel
Eenhoring is. Toe hy bevestigend antwoord, was my volgende opmerking:
“Maar dan kan u seker ook vir my sê waar ek Ella Meyer kan vind.” Daar was
’n oomblik se doodse stilte voordat hy verbysterd gevra het: “Waar op aarde
kom u aan die naam?” Toe ek hom vertel van die manuskrip wat prof. Erlank
aan my geleen het en van wat ek in Watermeyer se brief gelees het, was sy reaksie: “Nee, laat ek maar dadelik erken: Ella Meyer bestaan nie. Sy was ’n skep-
ping van my, ’n doelbewuste poging om deur die mistifikasie by vriende en
poësieliefhebbers belangstelling vir my eie gedigte op te wek.” “Maar dan moet
u heelwat weet van prostitusie in Johannesburg”, was my volgende opmerking.
Hy het skamper gelag en gesê dat hy my graag persoonlik sal wil ontmoet om
my die hele agtergrond te vertel en terselfdertyd ’n nog ongepubliseerde bun-
del verse te wys.
Op ’n Saterdagmiddag het Jacques Loots dan ook met sy manuskrip by my
opgedaag, met my kinders en huishulp nuuskierig in die agtergrond om nou die
werklike Genis in lewende lywe te sien. Ek het hom ’n besonder aangename en
innemende mens gevind. Hy was, so het hy my vertel, in die veertiger- en vroeë
vyftigerjare intens geinteresseerd in die poësie en wou graag op dié gebied iets
publiseer. Prof. Erlank se mededeling van ’n manuskrip uit die laat twintiger-
of vroeë dertigerjare was dus, ná die lang tyd wat intussen verloop het, ’n ver-
gissing. Hy het ’n manuskrip, soos Watermeyer dan ook meld, aan die uitgewers
van Dagbreek en Sondagnuus voorgelê, maar hulle was nie geinteresseerd daarin
om poësie te publiseer nie. Daarop het hy, op hulle aanbeveling, sy manuskrip
aan die destydse Nasionale Pers gestuur. Hy het dit betreklik gou terugontvang,
sonder die gebruiklike keurdersverslag. Aan die einde van die manuskrip het
iemand egter in potlood bygeskryf: “Dit is louter pornografie.” Kon hy inder-
tyd, en nie eers veel later in 1966 nie, sy bundel gepubliseer gekry het, “dan was
ek vandag die eerste Sestiger”, het hy aan my gesê.
Die fiktiewe Ella Meyer, het hy bygevoeg, was bloot ’n poging van sy kant
om belangstelling en ’n sekere nuuskierigheid by vriende in sy poësie te wek.
“So haal ’n mens se sondes uit die verlede jou in”, het hy glo ná my tele-
foonoproep aan sy vrou gesé. Hoewel ek geamuseerd was oor die uiteindelike
oplossing van die Ella Meyer-geheim, was Loots se fantasie, soos blyk uit die
baie fiktiewe besonderhede in Watermeyer se brief, vir my verbysterend.
Tydens sy besoek het Jacques Loots my gevra om sy manuskrip, waaron-
der baie gedigte wat nie in Eenhoring opgeneem is nie, te lees en hom te sê wat
ek daarvan dink. Na sy vertrek het ek ook weer sy bundel Eenhoring gelees,
maar ek moet erken dat ek by die tweede lees steeds nie werklik opgewonde
kon raak oor die gedigte nie. Ondanks sekere beelde, reëls en plek-plek skerwe
poësie was daar nie een gedig wat my werklik oortuig het nie. In die manuskrip
wat hy by my gelaat het, was daar wel verse waarin die stadsrealisme en aards--
heid sterker as in die gebundelde gedigte aanwesig is, maar die geheel het op
my ’n erg verouderde indruk gemaak. As die verse wel in die vroeë vyftigerjare
kon verskyn het, sou dit, histories gesien, ’n beskeie klein bydrae tot die
Afrikaanse poésie gewees het. Betreklik gou sou die sterker stemme in Die ver-_
late tuin van Ina Rousseau, Peter Blum se Steenbok tot poolsee en P.J. Philander
se Uurglas - die ander belangrike debute van dié tyd - dié van Loots laat veryl
het. Die “eerste Sestiger” was hy dus, met alle respek, beslis nie. Toe ek met
die oog op hierdie artikel by die Stellenbosse Dokumentesentrum navraag
doen of die gedigte van “Ella Meyer”, wat ek destyds aan prof. Erlank
teruggestuur het, daar bewaar word, moes ek tot my ontsteltenis uitvind dat
daar geen spoor van te vinde is nie. Die Erlank-versameling is in werklikheid
baie klein in omvang en die manuskrip wat ek ter insae gehad het, is nie daar-
by nie. As daar dus nog van dié verse bestaan, moet dit vandag by die weduwee
van Jacques Loots wees.
Jacques Loots se bydrae was dus kennelik nie op die gebied van die poësie nie. eers later het hy sy eintlike métier gevind as akteur. Dit is as Genis wat hy onthou sal word. terwyl die digter Jacques Loots vandag nog net by enkele historiese geïnteresseerde literatore bekend is. Sy pragtige spel in die reeks stories van P.G. du Plessis sal steeds in die toekoms ´n mooi bydrae tot die Afrikaanse volkstoneel bly. Van die ''meteoriese'' Ella Meyer is daar helaas niks meer oor nie.
De Kat, Desember 1991
Uit: JC Kannemeyer: Ontsyferde Stene.
|
|
|
Post by cjm on Dec 18, 2013 4:53:17 GMT
Swerwer
ek, ontwaterde lekkende wrak
het te veel alkohol aan boord gehad
die manne wat nie só wil sink nie
laat liewer tuis die skottelgoed klink
hulle skuil in die vroulike hawe
teen die ongerymdheid en gevare
maar of die vrou of drank jou troos is
beide bied tot slot ’n dodekus
Daniel Hugo
|
|
|
Post by cjm on Dec 18, 2013 4:58:27 GMT
GENIS EN DIE DIGTENDE STRAATVROU... Jacques Loots se bydrae was dus kennelik nie op die gebied van die poësie nie. eers later het hy sy eintlike métier gevind as akteur. Dit is as Genis wat hy onthou sal word. terwyl die digter Jacques Loots vandag nog net by enkele historiese geïnteresseerde literatore bekend is. Sy pragtige spel in die reeks stories van P.G. du Plessis sal steeds in die toekoms ´n mooi bydrae tot die Afrikaanse volkstoneel bly. Van die ''meteoriese'' Ella Meyer is daar helaas niks meer oor nie. De Kat, Desember 1991 Uit: JC Kannemeyer: Ontsyferde Stene.
|
|
|
Post by cjm on Dec 24, 2013 5:18:17 GMT
Drama drama
"Oom Faan en tant Saartjie -
tja . . . temper die ou oom se geskel en gesuip
en sny die tonele waar hy sy vrou so mishandel
uit; gee hom eerder as swakte
’n terloopse oog vir ’n jong blaartjie
en maak hom origens suiwer in sy handel en wandel.
Die blinde dogter wat deur ’n kleurling verlei word
en haar dan ontpop in ’n hoer -
tja . . . dis kleinigheidjies wat skort
(jy gee mos nie om vir ’n wenk nie!)
laat haar sien, en rnaak haar liewer trou
met die buurplaas se gawe jong boer
(ons wil nie ons blinde kykers krenk nie).
Die moffieseun wat stad toe gaan
en deur Hillbrow opgevreet word -
tja . . . gee dié vuil bliksem eerder die drankprobleem
(oeps! net ’n grappie jy verstaan)
en laat hom terugkom plaas toe waar
sy . . . e . . . siekte op die lande uitgesweet word.
Die terroris wat sy verskyning maak op die plaas
word vanselfsprekend vervang met 'n goedige Outa Klaas.”
Koor:
"Kom nou Stephan
raak entoesiasties man!
dit was jóú plan
en ons hóú daarvan!
gaan maak nou ’n film van
dié Groot Afrikaanse Roman!"
Stephan Bouwer
|
|
|
Post by cjm on Dec 25, 2013 5:17:14 GMT
Macbeth in Wes-Transvaal
Met die swier van 'n stiervegter
onthul Mevrou haar tafel en beveel:
julle moet honger wees van al die praat
Die geveg - sê die burgemeester-
was só realisties
darem seker nie regte swaarde nie ha-ha-ha
wie is die skrywer?
By die vensters tros die kinders
om 'n laaste glimp van die gypsies te sien
Die musiekonderwyser - enigste kultuurmoffie -
maak oorylde gevolgtrekkings en
vertel oorstelp van sy operette
Ek stoïsyns in 'n hoek
met my koppie boeretroos en Sarie se savoury tert
hoor van Gé En Hadde de Liefde Niet
Prins Huguenet
indien jy voldaan slaap:
die pionierswerk is nog nie verby nie
Stephan Bouwer
|
|
|
Post by cjm on Dec 31, 2013 18:48:01 GMT
die digter se rooi fantasie
hierdie winter gaan ek net wodka drink en rooi dra myself perverteer en vreeslik vloek ek gaan ’n wollerige baardjie kweek almal as kameraad aanspreek wanneer ek by monumente verbymarsjeer gaan ek spoeg uit die hoek van my mond sien broertjie - dit kom daarvan my vrouens gaan ek behandel asof hulle staatseiendom is ek gaan glo dat almal gelyk is en sporadies vir marx aanhaal heelnag lank na rachmaninov luister vir die oompie by die parade gaan ek sê hier is ek kameraad ek het my maand se groente kom vat dan gaan ek snork deur my neus en my hande teen mekaar vrywe
hoe nugter is ’n digter
C. P. Leach
|
|
|
Post by cjm on Jan 7, 2014 5:12:11 GMT
LOFSANG
(Aan my kritici wat my digbundel met dinamiet eers
opgeblaas, en die brokkies toe in hul bloemlesings
opgeneem het)
Wie ploeg? Dis die bees Maar sy baas gaar die gerwe En saai en hy maai dat hul altwee gedy En buig met sy rede die os se geweld. In die land van die letters, so lyk dit vir my Moet dit andersom geld — Want die arme van gees He die aardryk beërwe. Toon van den Heever
|
|
|
Post by cjm on Jan 13, 2014 5:20:08 GMT
Gesang
Hoe trék ons so, die orrel voor?
Iewers het een die noot verloor.
Gesukkel met die één oktaaf
staaf soms bedenkings oor die hemelkoor
I. L. de Villiers
|
|
|
Post by cjm on Jan 18, 2014 5:22:09 GMT
kweker
groenvingerige gert van graaff-reinet
dag hy trou ’n orgidee,
maar moes met troetel
en gietergee
gewaar
hoe onstuitlik geil en blinkgedos
lewer sy kro-kontrei
getrou
’n spekbos
Wium van Zyl
|
|