|
Post by cjm on Apr 7, 2014 5:17:08 GMT
Die Babie en Garatie
Die Babie kom van Indië Om 'n sakie te begin. Hy het 'n kleine winkeltjie Met speserye in.
Die mense is bly Om alles te kry Die goed is baie, Hy is gelaai.
Skud, skud, skud jou bo-lyf, Jou bo-lyf, die Babie is hier. Skud, skud, skud jou bo-lyf, Jou bo-lyf, die goed is duur.
Die Babie koop 'n boiler-pak, Die pak lyk nes 'n aartappelsak. Hy sê hy is nou baie mooi, Maar hy lyk soos 'n More-vlooi En slaap op 'n sak vol strooi.
Die ou is hier om te bly. Op 'n Donderdagaand loop hy langs die straat, Toe sien hy Garatie daar staan Met 'n mandjie in haar hand, En sy skree: "Koeljanna! Lekka lekka Koeljanna!"
Toe gaan hy reguit Doekoem toe Om vir Garatie te kry. Hy gryp haar om die lyf, Hy druk haar baie styf. Garatie is bly - Of kan 'n mens dan nie?
Skud, skud, skud jou bo-lyf, Die Babie is hier, Skud, skud, skud jou bo-lyf, Die goed is duur.
I. D. du Plessis: Kaapse moppies (1977)
Miskien verbeel ek my dit, maar daar is vir my spore hier van Boggom en Voertsek - twee enkelinge wat geluk saam vind in 'n vreemde land.
Die Babie (sien ook De Goede se 'Habie') kom van Indië (aldus die gedig) en is moontlik ´n aanhanger van 'n splintergodsdiensgroep gestig deur die Bab -wat die oorsprong van die die Bahá'í -geloof is.
Garati is ´n Hindu naam vir ´n vrou en beteken deugsaam/kuis. Garati is ook ´n pleknaam in Noordelike Iran. Beide Garati en Babi het aanknopingspunte met Persië.
Miskien is daar meer implikasies van die twee gelowe wat hier saam gesmee word, maar die Oosterse gelowe is vir my maar ´n redelike warboel.
Dis skyn asof die Babie ´n bietjie inhalig is want sy ware is duur - dit nadat hy aanvanklik verwelkom is in die gemeenskap. Daar is ook ´n suggestie dat hul samesyn buite die gevestigde huweliksnorme is ('Of kan 'n mens dan nie?')
In die vreugdevolle skud van die bo-lywe is daar ´n vergewingsgesindheid deur die (Maleise?) gemeenskap betrokke - blydskap heers ten spyte van die duur goed en ten spyte van die afwyking van tradisionele norme.
So word daar uit ´n troostelose uitsig weer betekenis geskep?
|
|
|
Post by cjm on Apr 12, 2014 18:33:46 GMT
My fokus is eintlik Leipoldt hier maar onderstaande inleiding tot die digbundel Poskaarte word aangehaal omdat ek dit so nuttig vind en omdat dit so goed en eenvoudig geskryf is. Miskien is dit nie meer op datum nie en is daar ander winde wat in die literatuur waai, maar dan is dit 'n verslag van toe.
Eie pogings tot wyshede en die toepassing op Leipoldt sal in ´n latere pos getakel word (as die lewe daar is). ...
INLEIDING
VERANTWOORDING
Die bundel Poskaarte wil 'n versameling beelde bied van
tendensíes in die Afrikaanse poësie sedert 1960. Die titel wil
iets suggereer van die digterlike kommunikasieproses. 'n
Poskaart bevat 'n oop boodskap wat dikwels vanaf 'n
onbepaalde of tydelike punt versend word sonder dat die
afsender sekerheid het of die poskaart sy eindpunt gaan bereik.
Daar is ook die moontlikheid dat hierdie oop boodskap op
pad na sy bestemming deur enigiemand gelees kan word. Die
taal van die boodskap is nie altyd maklik om te ontsyfer nie,
terwyl die beeldende kwaliteit van die poskaart, net soos in die
geval van die gedig, ook deel van die boodskap is.
Enersyds is die keuse van die datum 1960 arbitrêr en
afgedwing deur die noodsaak om die omvang van die veld te
beperk. Andersyds hou die keuse van die datum verband met
die feit dat "Sestig" reeds binne die Afrikaanse literatuurge-
skiedenis die waarde gekry het van radikale oorgang en met
die feit dat die postmodernisme as kulturele stroming veral
vanaf die begin van die sestigerjare in die werk van Afrikaanse
digters begin manifesteer het.
Omdat die postmodernisme nie enkelvoudig omskryf kan
word nie, kan daar verskil van mening bestaan oor die konsep
postmodernistiese poësie. In sommige gedigte in hierdie
bundel is daar sowel modernistiese as postmodernistiese
elemente teenwoordig. Ook moet in gedagte gehou word dat
tendensíes wat as postmodernisties beskou word, reeds in die
werk van vroeëre digters voorkom - so ver verwyder van 1960
as Leipoldt en so na daaraan as Blum. By bepaalde outeurs is
daar 'n duidelike oorgang vanaf 'n modernistiese na 'n
postmodernistiese instelling merkbaar. Hoe dit ook al sy: by
die sistematiese deurwerk van die digbundels wat sedert 1960
verskyn het, was die ratio en toename van postmodernistiese
elemente verrassend.
Die keuse van die tekste is slegs uit digbundels gedoen, nie
uit tydskrifte en ander publikasies nie. Gedigte uit elkeen van
die meer as vyfhonderd bundels wat deurgelees is, kon
xxiii
uiteraard nie opgeneem word in Poskaarte nie, alhoewel 'n
poging aangewend is om so verteenwoordigend moontlik te
wees. Wat die aanbiedingswyse betref, is daar reeds by die
konsepsie van die bundel besluit teen 'n ordening volgens die
geboorte- of debuutdatums van digters of 'n alfabetiese rang-
skikking volgens die outeursname. Omdat daar by die seleksie
gefokus is op tendensies in die Afrikaanse poësie sedert sestig,
is die gedigte chronologies gerangskik volgens die publikasie-
datum (nie die skryfdatum nie). Binne 'n bepaalde jaar is die
gedigte dan alfabeties volgens outeursnaam geplaas. Die verse
van 'n bepaalde digter is dus nie op een plek in die bundel
byeengebring nie, maar versprei oor die loop van die bundel.
'n Chronologiese aanbieding bied die moontlikheid dat die
leser 'n oorsig kan verkry van ontwikkelinge in die Afrikaanse
poësie sedert sestig en die wyse waarop postmodernistiese
tendensies hulle in die loop van die tyd geopenbaar het. Binne
die bundelgeheel verkry digters nou ook interessante "bure"
en ontstaan boeiende "gesprekke", "debatte" of "menings-
verskille". In hierdie opsig is Poskaarte 'n tydsdokument wat
insae bied in die kulturele, artistieke, sosio-politiese, tegnolo-
giese en filosofiese ontwikkelinge van die afgelope tyd.
Wat die individuele tekskeuses betref, het ander maatstawwe
as slegs die estetiese 'n rol gespeel. Die uitgangspunt was dus
totaal anders as by dié van die meeste ander versamelbundels,
in die besonder DJ. Opperman se Groot Verseboek. In sy
"Verantwoording" stel Opperman dit duidelik dat sy bloem-
lesing "die mooiste Afrikaanse gedigte" in een band wil
saamvat en dat die klem val op die "estetiese, hoewel ander,
faktore - soos die historiese en die strewe om die bloemlesing
so verteenwoordigend moontlik te maak - sekere toegewings
meegebring het". Die doelwit met Poskaarte was nie 'n
"bloemlesing" in die estetiese tradisie, waarin net die "bloem-
ryke" van die Afrikaanse poësie verteenwoordig is nie. Omdat
die hele kwessie van die "estetiese" as enkele maatstaf binne
die konteks van die postmodernisme bevraagteken word, het
daar ook ander oorwegings gegeld by die saamstel van die
bundel. Die hoofdoelstelling was om 'n wye verskeidenheid
uiteenlopende beelde aan te bied van ontwikkelinge in die
Afrikaanse poësie, spesifiek binne die postmodernistiese
kultuurstroming. Dit gaan dus nie hier primêr om die insluiting
xxiv
van die gekanoniseerde of gesanksioneerde gedigte van 'n
digter nie; nóg om die bekende, verteenwoordigende of om~
vattende beeld van 'n bepaalde digter of 'n digterlike oeuvre;
nóg om die bydrae wat die digter literêr-histories gelewer het.
Een van die groot gevare van 'n versamelbundel is dat
gedigte as feitlik outonome kunsprodukte uit hul bundel- en
selfs oeuvrekontekste gehaal word. Deur die situering van
Poskaarte binne 'n postmodernistiese konteks of raamwerk kan
hierdie gevaar moontlik gesystap word. Deurdat nuwe teks-
tuele en intertekstuele netwerke tot stand kom, kan die leser
bewus word daarvan dat gedigte dinamiese prosesse eerder as
selfgenoegsame produkte is.
Bogaande beginsels het ook ten doel om Poskaarte se ver-
houding met ander versamelbundels te bepaal en uit te spel -
veral die reeds genoemde Groot Verseboek, maar ook S A in
Poësie/S A in Poetry van Johan van Wyk, Pieter Conradie en Nik
Constandaras; Die uitgangspunt by laasgenoemde bundel was
om 'n insae te bied in "ideologiese formasies soos dit binne die
geskiedenis staan". Poskaarte volg wel die chronologiese
aanbiedingslyn van laasgenoemde versamelbundel, maar is
wat onderwerpe en tematiek betref, ingestel op verskeiden-
heid. Vanweë die gebruik van heeltemal ander oorwegings by
die seleksie van gedigte verskil Poskaarte ook grootliks van
Groot Verseboek. Wat tekskeuses betref, is daar geprobeer om
nie met die Opperman-bundel te oorvleuel nie, behalwe in
uitsonderlike gevalle waar dit na ons mening nie anders kon
nie.
Om saam te vat: Alhoewel kriteria soos gehalte, skoonheid en
verteenwoordiging geproblematiseer kan word, kan daar nie
ontken word nie dat hulle wel 'n rol gespeel het by die seleksie
van tekste vir Poskaarte; die hoofdoelstelling was egter die
verskeidenheid van tendensies in die Afrikaanse poësie, en
omdat verskeidenheid so 'n omvattende konsep is, kan ons
keuse nie as die enigste of die finale beskou word nie. Aan die
subjektiwiteit van die eie keuse kan nooit ten volle ontkom
word nie.
Alhoewel Van Wyk Louw se Tristia (1962) as 'n seminale teks
binne die periode na 1960 in die Afrikaanse poësie beskou kan
word en ons graag die volgende gedigte wou opneem, kon
toestemming vir die opname daarvan ongelukkig nie van mev.
Truida Louw verkry word nie: "Mei-fees in Amsterdam", "Ars
poetica", "Kunsklas", "Kermisspieël", "Tristia en haar voyou",
"Tarragona" en "Hongarye November 1956"; asook "Wor-
dende naakt" uit Versamelde gedigte. Aangesien Poskaarte ook 'n
historiese dokument is, is daar besluit om te hou by die
gedigweergawes soos wat hulle in die eerste druk verskyn het -
selfs in die geval van Ingrid Jonker se "Die kind". In sommige
gevalle is klein redaksionele wysigings gemaak en op versoek
van enkele digters (Johann de Lange, Philip de Vos, Leon
Strydom, Barend J. Toerien) is geringe veranderings aan enkele
gedigte aangebring.
TENDENSIES IN DIE AFRIKAANSE xxxxIE SEDERT 1960
Die afwys van 'n finale, afsluitende betekenis
In talle gedigte wat verskyn het sedert die begin van die
sestigerjare, is daar 'n skeptisisme oor en ontevredenheid met
tradisionele opvattinge en waardes; sodoende word die siening
bevraagteken dat die wêreld berus op vaste en ewige norme.
Die postmodernistiese wêreldbeskouing wat hieruit blyk, is
voorts bewus van sy eie tydelikheid en kunsmatigheid. Die
"werklikheid" of die "geskiedenis" word nie voorgehou as 'n
stel vaste waarhede nie, maar eerder as 'n reeks konstruksies
wat deur die mens gefabriseer word en dus nie aanspraak kan
maak op universele of ewigheidswaarde nie. Hierdie uitgangs-
punt impliseer die bevraagtekening van 'n enkele allesomvat-
tende waarheid in terme waarvan die bestaan en samehang van
alle verskynsels verstaan sou kon word. Binne die gesprek oor
die postmodernisme word daar dikwels na hierdie allesomvat-
tende waarheid verwys as 'n meesterverhaal of metanarratief.
Deur tegnieke van jukstaponering en relativering word soda-
nige meesterverhale in die poësie ondermyn. By heelwat skry-
wers wie se gedigte opgeneem is in Poskaarte, is daar 'n
voorkeur vir kleiner, meer gelokaliseerde “verhale"; juis binne
'n postmodernistiese konteks kan so 'n ryke verskeidenheid
standpunte geakkommodeer word en weersprekings, fragmen-
tering en ondermyning geduld word.
Bogaande ontkenning van die bestaan van 'n enkele
meesterverhaal of allesomvattende waarheid wat 'n mens in
xxvi
staat stel om onderdele saam te voeg in 'n sinvolle en same-
hangende geheel, het bepaalde implikasies vir die wyse waarop
'n mens literêre tekste lees. Daar word nie meer voorkeur
gegee aan die idee van sluiting nie, naamlik dat 'n mens by die
lees van 'n literêre teks kan uitkom by 'n finale, afsluitende
betekenis wat dan die "korrekte" interpretasie van die teks sou
wees.
Selfrefleksiwiteit
Waarskynlik die mees opvallende tendensie van die poësie
sedert sestig is die neiging tot selfrefleksie, heel dikwels 'n
skynbaar obsessionele gemoeidheid met die self. Die woord
"self-refleksie" sinspeel hier op die neiging van gedigte om te
besin oor hulle eie aard sowel as om hulself te reflekteer soos in
'n spieël. Dit is 'n eeue oue tegniek by skrywers wat nou op die
spits gedryf word. Waar die benaming "kunsteoretiese
gedigte" vroeër gebruik is vir hierdie soort tekste, word die
term "metapoësie" tans gehanteer om te verwys na poësie wat
handel oor poësie. Die fokus verskuif nou weg van dit wat
geskryf is (die voltooide produk) na die skryfhandeling self ('n
onvoltooide proses). Die leser word dikwels agter die skerms
geneem en gewys hoedat die konstruksie van die gedig
verloop. Die poësie sedert sestig is dus voortdurend besig
met 'n besinning oor die ontstaan en bestaan van poësie; daar
word ook dikwels geskryf oor die moontlikhede en beperkinge
van taal as medium van die digter. Dié selfrefleksies gaan nie
net oor poësie en taal in die algemeen nie. Daar word soms ook
geskryf oor die geskiedenis en politiek van die taal Afrikaans,
wat vir sommige 'n onderdrukkerstaal en vir ander 'n bevry-
derstaal was.
Die rol van die leser
Omdat die skrywer nie meer in staat is om die werklikheid
enkellynig of enkelvoudig te interpreteer nie, moet die leser
met die proses van betekenistoekenning help. Die konvensio-
nele rol van die leser as teksverbruiker is gaandeweg uitgebrei
tot dié van prosesseerder van die teks. Hy of sy kan nie meer
passief wees by die lees van die teks nie, maar word aktief
betrek as medewerker of medeskrywer. Die besondere eise wat
sommige van hierdie gedigte stel, definieer 'n nuwe rol vir die
xxvii
leser. Eksperimente in hierdie verband gaan soms so ver dat
digters woorde of frases "uitlaat" of "uitvee" sodat die leser die
leë plekke moet vul. Die leser word ook dikwels in hierdie
gedigte aangespreek: soms word daar met die leser geflankeer,
ander kere word die leser uitgedaag, beledig of gekrenk
Vanweë die oneindige moontlikhede opgesluit in elke leser se
interaksie met 'n bepaalde teks kan daar geen sprake wees van
slegs een korrekte betekenis of die afsluiting van die beteke-
nisgewingsproses in 'n finale interpretasie nie.
Intertekstualiteit
Dit wil voorkom asof digters onbeskaamd woorde, idees en frases
by mekaar "leen" of "steel". Anders gestel: dit lyk asof tekste met
mekaar gesprek voer en asof elke teks met ander verbind is in
groter netwerke. Na hierdie verskynsel word in die teorie as
intertekstualiteit verwys; in die poësie self word verskillende
metafore in verband hiermee gebruik, soos die web, die
palimpses, spore, geure, tekstiele en rekenaarnetwerke. Deur
intertekstualiteit kom die posisie van die outeur as die oorspronk-
like skepper van die teks ook in die gedrang. In talle van die
gedigte lyk dit asof die outeur bloot "vertaler" en "interpreteer-
der" is, eerder as wat die teks deur hom of haar geskep word.
Hierdie soort opvatting sluit aan by die idee dat die taal 'n lewe en
beweeglikheid van sy eie het wat die gebruiker daarvan meesleur
eerder as wat die gebruiker die taal beheer. Daar word dus gesê
dat die outeur nie meer die eienaar van of outoriteit oor die eie
teks is nie, maar by die terugkeer slegs 'n gas is soos enige ander a
leser. Dit is opvallend hoeveel daar in die poësie sedert 1960
gesprek gevoer word met literêre voorouers soos Leipoldt, Van
Wyk Louw,_ Eybers, Opperman, Jonker en Breytenbach. Die
voorloperfigure word nie net gehuldig nie, maar ook ondermyn,
bevraagteken en weerspreek in 'n poging om 'n eie identiteit te
verwerf en sodoende 'n plek te vind in die literatuurgeskiedenis.
Dit is opmerklik dat hierdie gesprek dikwels die vorm aanneem
van 'n parodie, 'n verskynsel wat deur sommige as dié kenmerk
van die postmodernistiese gees beskou word.
Massakultuur
Dit wil ook voorkom asof daar in die poësie ná sestig 'n
toename in die ontginning van die vroeër geminagte massa-
xxviii
kultuur is: populêre literatuur, popmusiek, films, advertensies
en allerlei ikone uit die populêre kultuur word deur digters
toegeëien. Daar is byvoorbeeld 'n gefassineerdheid met ikone
uit die pop- en rock-kultuur soos Marilyn Monroe, James Dean,
Andy Warhol en Kurt Cobain. Sommige gewilde skrywers
groei ook uit tot ikone: in die Afrikaanse letterkunde veral C.
Louis Leipoldt, Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker; in die
wêreldletterkunde Emily Dickinson en Sylvia Plath.
By sommige digters word hoogkultuurvorme met agterdog
bejeën en sake uit die verbruikerskultuur oorgeneem: die
kultuur van die suburbia, van hamburgers en hotdogs. Hier-
deur vind daar 'n ondermyning plaas van eng kultuurdefinisies
wat al as elitisties en onderdrukkend geëtiketteer is. Binne
hierdie konteks is daar oor die algemeen sprake van 'n op-
waardering van kultuurvorme (selfs van kitsch) wat vroeër nie
so belangrik geag is nie en vind daar dikwels 'n vermenging
van die sogenaamd hoë en lae vorme plaas. Op hierdie manier
vervaag die grense tussen hoog- en laagkultuur. Dieselfde geld
ook vir die grense tussen die verskillende genres (soos by-
voorbeeld tussen poësie en prosa), literatuur en kritiek, werk-
likheid en fiksie. Hiermee hang saam 'n eklektiese aan-
biedingswyse waarin teenstrydige voorwerpe, verwyderde ge-
beurtenisse, botsende stemme en konflikterende diskoerse
naas mekaar geplaas word.
Feit en fiksie
'Talle van die gedigte sedert sestig plaas 'n vraagteken oor die
sekerheid waarmee die grens tussen werklikheid en fiksie
sedert die laat veertigerjare in die literêre kritiek getrek is. Die
verhouding tussen werklikheid en fiksie word tot probleem
gestel eerder as wat daar met stelligheid beweer word waar die
grens sou lê. Daar word op verskillende maniere met hierdie
probleemverhouding omgegaan. Die verhouding tussen werk-
likheid en fiksie word in sommige gedigte op tematiese vlak
ondersoek deur middel van figure wat 'n bepaalde rol speel
(dikwels akteurs, skrywers of skilders) en dan daardie rol
verwar met die werklikheid. Ander gedigte toon weer dat hulle
bewus is van hulle eie aard as fiksionele konstruksies deur
die leser se aandag te vestig op hulle eie kunsmatigheid. In
hierdie soort gedig erken die outeur dat hy of sy besig is met
xxix
'n spel waarin gegewens gemanipuleer word om die outeur te
pas. In talle gedigte word werklikheidselemente die fiksionele
wêreld van die teks binnegebring om sodoende die selfgenoeg-
saamheid te versteur van die` wêreld van die gedig wat vroeër
so sterk aangehang is. Voorbeelde hiervan is die gedigte waarin
werklike mense soos die outeur self of bekende historiese
figure deel word van die sogenaamde fiksionele wêreld van die
teks; ook werklike gebeure soos politieke aktualiteite word in
hierdie soort poësie die verbeeldingswêreld van die gedig
binnegebring. Die mees radikale wyse waarop hierdie gedigte
die grense tussen werklikheid en fiksie bevraagteken, is deur te
suggereer dat dit nie net die literêre teks is wat fiksie is nie,
maar dat die werklikheid self slegs 'n fiksie of 'n droom is. Die
skeidslyn tussen enersyds werklikheid en andersyds illusie,
droom en fantasie vervaag dus.
Historiese stof
Opvallend is ook die talle voorbeelde van gedigte wat gebruik
maak van historiese stof; daar is enkelgedigte, gedigreekse,
lang epiese gedigte en selfs volledige bundels waarin 'n dialoog
met die geskiedenis gevoer word. Die poësie sedert sestig se
verhouding met die geskiedenis is besonder gevarieerd. Soms
is daar sprake van 'n boekstawing van die eietydse geskiedenis.
Sekere gedigte probeer deur hulle sterk aktualiteitsinhoud selfs
ingryp op die eietydse geskiedenis en wil dit verander soos in
die geval van die "struggle"-poësie. Hierdie soort gedigte
spreek trouens die kwessie van die geskiedenis op 'n heel
spesifieke manier aan. Daar word aan dié poësie 'n ander rol as
net die estetiese toegeken; dit word 'n propagandistiese in-
strument in die politieke stryd wat solidariteit moet bewerk~
stellig, wat gevoelens moet oprui, kalmeer of konsolideer.
In ander gedigte word die verlede weer deursoek vir patrone
van herkenning ten einde die eietydse situasie te verstaan. Dit
lei dikwels tot 'n herinterpretasie en selfs 'n herskrywing van
die bestaande geskiedskrywing (veral in verband met die
koloniale verlede van Suid-Afrika) om diegene wat vroeër om
bepaalde redes uitgesluit is, terug te bring in die geskiedenis.
In talle gevalle word hierdie gedigte 'n besinning oor die wyse
waarop geskiedenis in die verlede geskryf is en word daar
gesuggereer dat die poësie ook 'n geldige manier kan wees om
xxx
die geskiedenis op te teken. As sodanig sou dit beskou kon
word as 'n alternatiewe vorm van geskiedskrywing. Deurdat
die feitelikheid van historiese dokumente bevraagteken word
en aangevul word met die verbeeldingryke fiksies en inter-
pretasies van die poësie, word die grense tussen werklikheid en
fiksie opnuut geproblematiseer.
Elektroniese kultuur
Poskaarte is ook 'n tydsdokument in die sin dat tegnologiese
ontwikkelinge soos dié in die ruimtevaart en die elektroniese
bedryf daarin gereflekteer word. Verwysings na kameras,
televisies, videomasjiene en rekenaars kom algemeen voor.
Die kennisontploffing in die media en op die rekenaarskerm
vind neerslag in 'n woordoordadigheid, enurnerasie, katalogus-
effekte en die benutting van tegniese terme. Daar word besin
oor die komplekse verhouding tussen die mens en die masjien,
ook die persoonlike rekenaar waarop gedigte tot stand kan
kom. Die invloed van gevorderde tegnologie het implikasies vir
tradisionele opvattings oor die rol van die verbeelding by die
fabrikasie van verse en oor die idee van die mens as die
sentrum van oorspronklikheid.
Belangstelling in randgebiede .
By die lees van die Afrikaanse poësie gepubliseer vanaf 1960
was dit opvallend dat dinge wat vantevore om verskillende
redes uitgeskuif is na die randgebied, wat buite die sentrum of
hoofstroom lê, geleidelik begin deel word daarvan. In hierdie
verband sou 'n mens kon verwys na ontwikkelinge op
verskillende gebiede. Die poësie van vroue, wat miskien vroeër
vanweë chauvinistiese redes as minder belangrik beskou is,
word vanaf die begin sewentigerjare teen die agtergrond van
die feministiese beweging deel van die hoofstroom van die
Afrikaanse letterkunde. Gay poësie, wat vroeër om sosiale
redes gerelegeer is tot die kantlyn, word in hierdie tyd steeds
meer uitgesproke en prominent. Verskillende vorme wat om
onder meer kultureel-elitistiese redes nie deel uitgemaak het
van die kanon van die Afrikaanse letterkunde nie, kom al hoe
meer voor; soos die poësie geskryf in die verskillende variante
van Afrikaans (Kaaps, township-Afrikaans of flaaitaal, Grie-
kwa-Afrikaans, Karoo-Afrikaans) en die optekening van orale
xxxi
vorme. Ook die "struggle"-poësie wat aanvanklik om politiese
en estetiese redes in die randgebiede van die Afrikaanse litera-
tuur gelê het, trek nou aandag. Dit is verder opvallend in die
Afrikaanse poësie sedert sestig dat ekologiese vraagstukke
toenemend belangrik word en dus nie meer beperk is tot 'n
randverskynsel in die Afrikaanse letterkunde nie.
Hierdie "terugskryf" van dinge wat voorheen op die kantlyn
van die Afrikaanse letterkunde gelê het, kan in verband ge-
bring word met bepaalde postmodernistiese opvattinge. Die
bevraagtekening van een allesomvattende waarheid lei daartoe
dat daar 'n vraagteken geplaas word oor dié dinge wat ge-
woonlik in die sentrum staan en as die belangrikste beskou
word. Om hierdie rede gee die postmodernisme dan ook aan-
dag aan dié dinge wat vantevore uitgeskuif is na die randge~
biede. Die postmodernisme argumenteer dat dié dinge wat
vantevore die rol van supplement of aanvulling moes vervul,
teruggebring of ingeskryf moet word binne die geheel.
Verstegniese verskeidenheid
'n Opvallende tendensie in die poësie sedert sestig is die vers-
tegniese eksperimentering met 'n verskeidenheid digvorme
wat strek vanaf die vrye versvorm tot by die formaliteit van
vorme soos die sonnet, die ballade, die rondeel, die Franse
villanelle en die Maleise pantoen. Dit lyk selfs asof daar 'n
doelbewuste hersirkulering van ouer digvorme plaasvind, nou
dikwels met die tong in die kies te oordeel aan die verskillende
verskryfde, "gebreekte" en geparodieerde sonnette wat 'n
mens teëkom. Daar is ook sprake van allerlei tipografiese
eksperimente waarin die visuele kwaliteit van die gedigvorrn
op avontuurlike wyse ontgin en die taal 'n "kyk-Afrikaans"
word. Vraelyste, briewe, blokkiesraaisels, afdrukke van skilde-
rye, foto's, tekeninge, koerantknipsels en sitate word ook by
geleentheid deel van die aanbod.
Speelsheid
By die deurwerk van die meer as vyfhonderd Afrikaanse
bundels wat sedert 1960 verskyn het, was die tendensie van
speelsheid opvallend. Die opvatting dat die postmodernisme
alleenlik 'n ernstige bedryf is, bedoel vir intellektuele, moet dus
in heroorweging geneem word. Dieselfde geld vir die bewering
xxxii
dat die postmodernistiese poësie 'n akademiese poësie sou
wees wat weinig emosie, te weinig vlees en bloed vertoon en
dus die gevaar loop van 'n soort outistiese inkapseling. Humor,
skunnigheid en 'n karnaval-atmosfeer kom dikwels voor;
woordgrappe, anagramme, parodieë en ironieë is-algemeen.
Hierdie speelsheid vind ook neerslag in die wyse waarop
digters na hulleself verwys: die digter is nie meer 'n profeet
soos wat vroeër dikwels die geval was nie, maar 'n knutselaar,
'n kulkunstenaar, 'n aartskarnallie, 'n dief, 'n skelm, 'n grapjas.
Die samestellers hoop dat Poskaarte sal bydra tot die avontuur
en die plesier wat 'n omgang met die Afrikaanse poësie kan
bied.
Ronel Foster en Louise Viljoen
Maart 1997
|
|
|
Post by cjm on May 18, 2014 5:15:40 GMT
God, die digterChili is deur ʼn digter gemaak – NERUDAdaar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde en baie meer poësie in die miskruier in die toktokkie in die meteorologie en entomologie in die moremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur ʼn digter gemaak TT Cloete maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/gedigte/gedig-god-die-digter/
|
|
|
Post by cjm on Jun 4, 2014 5:09:58 GMT
In die aanhalings uit Poskaarte word Leipoldt betrek by die postmodernisme - laasgenoemde ‘n beweging, so word gesê, wat reeds by die Sestigers merkbaar is. Die postmodernisme, vertel die samestellers, is nie enkelvoudig omskryfbaar nie. Hulle identifiseer nietemin ´n aantal strominge wat die Afrikaanse poësie sedert 1960 kenmerk en wat soms elemente van die postmodernisme weerspieël. Ek (darem nie alleen nie) is bra skepties oor die nuttigheid van die term postmodernisme (in elk geval moontlik ook al deels geskiedenis) en daar is wel pogings om dit enkelvoudig te definieer. Een van die mees kriptiese is seker Bennington wat praat van ‘a pure and simple refusal of tradition and foundation’ (Bennington: Jacques Derrida, University of Chicago Press (1999), p214). Dit lyk asof die begrip op verskeie datums in verskeie dissiplines ingetrek het en selfs so vroeg as die 1870´s gebruik is. Dit alles net tersyde. Die kenmerke van die Afrikaanse gedigte sedert 1960 word onder die volgende hoofde (die skrywers gee nie te kenne dat dit alles postmoderne verskynsels is nie) in die bundel bespreek. Ek gee my indrukke oor Leipoldt se Boggom en Voertsek (vroeër aangehaal) in die lig van die hoofde: 1. Die afwys van ´n finale, afsluitende betekenis. Wat kan meer sonder ´n afsluitende betekenis wees as die laaste twee versreëls: Daar is niks as die storie om oor te erwe, En niks om daaruit te trek.2. Selfrefleksitiwiteit. Terwyl daar nie hier besin word oor die digterskap en die skep van die gedig nie - twee elemente van selfrefleksiwiteit - is daar wel ´n betrokkenheid van die digter in die eerste persoon en sy meelewing met die maanligtafereel wat voor hom afspeel. 3. Die rol van die leser. Die leser word uitdagend gekonfronteer met ´n weergawe waaruit hy waarskynlik teen wil en dank sin sal probeer pers en ten minste wonder of die digter korrek is dat daar niks uit die storie te trek is. Soos die samestellers dit uitdruk: die leser moet met die proses van betekenistoekenning help. 4. Intertekstualiteit. Ek is nie bewus daarvan dat die gedig na ander gedigte verwys nie, alhoewel daar ´n verband met die ander slampamperliedjies in die oorspronklike bundel is - bv ‘n soortgelyke ligte aanslag met besondere individualistiese sieninge, eensaamheid/verlatenheid en ´n soeke na sin. Die gedig word wel deur latere digters geparodieer en na-geaap, maar natuurlik dra dit nie opsigself Leipoldt die sestigs in nie. 5. Massakultuur. Die samestellers plaas onder hierdie opskrif ook agterdog jeens hoogkultuurvorme. In die sin dat ´n bobbejaan en hond gebruik word om lewensbetekenis te bevraagteken, het ons hier ook die inbring van karakters wat nie gewoonlik deel van die digterlike aspekte van die lewe geag word nie. 6. Feit en fiksie. Feit en fiksie word vermeng deur die plasing van die onwaarskynlike (fiktiewe ?) vriendskap tussen ´n hond en ´n bobbejaan in ´n baie spesifieke landelike gebied - Leipoldt se heimat. Dan is daar die interaksie van die digter met die moontlik fiktiewe karakters - waar hy hom verbeel dat hy hul taal verstaan. 7. Historiese stof.
Die oertyd waarin die Hantam deur die ys-tydperk gevorm is, word betrek. 8. Elektroniese kultuur. Ek kan nie aanknopingspunte hier vind nie. 9. Belangstelling in randgebiede.
Terwyl Leipoldt nie die eerste is wat die sin van die lewe bevraagteken nie, was die Afrikaner moontlik minder geneig daartoe in die lig van die dominansie van die destydse heersende godsdiensopvattinge. Arme Totius is byvoorbeeld omtrent in die grond ingeslaan maar hy het nie (veel) geweifel oor die struktuur van die lewe en dood nie. Alles was baie eenvoudig: Jy lewe vir die hiernamaals waar jy of hemel toe of hel toe gaan. Dit het die sin van alles verklaar. In die omstandighede is ´n dus randgebied hier deur Leipoldt verken. Boggom en Voertsek is ook randkarakters: vergelyk bv met ander diere soos koning leeu en slim jakkals. 10. Verstegniese verskeidenheid.
Die rymskema en versvorm is geyk. Die tipe gedig (slampamperliedjie) is natuurlik Leipoldt se eie (nuwe) skepping. ´n Mens kan dit dus beskryf as vernuwend en eksperimenteel. 11. Speelsheid. Daar is gewis ´n speelsheid in die name (Boggom en Voertsek) asook in die vriendskapsverhouding tussen die twee diere oor die spesielyne heen. Die verhaal self is maar tragies maar die tragiek kontrasteer met die speelsheid en oorweldig ´n mens. So: Leipoldt was ´n sestiger met ´n stewige dosis postmodernisme op die koop toe? As hy nou nog bewese gay was, dan was die prentjie voltooid. Ek dink hy sou lekker gelag het vir hierdie laaste paragraaf.
|
|
|
Post by cjm on Jun 4, 2014 8:00:37 GMT
Sover Slampamperliedjies aanbetref, Kannemeyer (Geskiedenis, Vol (1984), pp135 et seq) aan die woord:
...
Afgesien van die bemoedigende slotgedig, ‘Die einde’, wat feitlik na 'n opdrag aan die volk in sy leed klink, bestaan die bundel [Oom Gert vertel en ander gedigte, die bundel waarmee Leipoldt in 1911 debuteer] verder uit 'n twintigtal ongetitelde verse wat Leipoldt onder die rubriek ‘Slampamperliedjies’ byeenbring, 'n benaming wat hy ook in Uit drie wêrelddele en Skoonheidstroos sal gebruik. In hierdie gedigte, waarvan sommige, soos ‘Jy sê vir my’, ‘Ek sing van die wind’ en veral ‘Sekretarisvoël met jou lange bene’, ‘Klossies, jul bewe en bibber’ en ‘Kriekie, jy wat op die solder sanik’, tot die beste in die bundel behoort, mymer Leipoldt, meestal na aanleiding van bepaalde natuurdinge, oor die lewe, stel hy vrae oor die misterie van die bestaan en oor sy plek in die wêreld en kom hy soms tot 'n persoonlike bieg. Die verse neem heel dikwels die vorm aan van 'n gesprek met 'n diertjie of plantjie en onderskei hulself deur 'n kwasie-naïwiteit en 'n skynvreugde oor die natuur waaragter tog 'n dieper betekenis of 'n weemoed om die wêreld skuilgaan. Tegnies sluit hulle nie aan by enige literêre konvensie nie en struktureel toon hulle 'n sekere argelose onverskilligheid - vandaar ook dat nie almal op 'n ewe goeie peil is nie. Leipoldt self het verklaar dat hy by die skryf van die slampamperliedjies deur Grillparzer beïnvloed is. Alhoewel die Oostenrykse digter ook van die gespreksillusie, die fabel en die didaktiek gebruik maak, bly hierdie invloed beperk tot die aanloop van sommige gedigte. Ten spyte van die wisselende gehalte is hulle literêr-histories 'n groot vooruitgang op die stereotiepe natuurverse voor 1900. In twee van die verse (nr. VI en XI) kry ons die eerste (naïewe) besinning oor die skryfkuns in die Afrikaanse letterkunde; die tweede strofe van nr. XI klink trouens na 'n korrektief op en selfregverdiging vir die gedig oor die ‘Sekretarisvoël’, wat dit onmiddellik voorafgaan.
...
|
|
|
Post by cjm on Jun 7, 2014 5:44:01 GMT
Die oorsprong van slampamper in Afrikaans
Kannemeyer: Leipoldt , p 26
...
Kort na sy aankoms in Soematra begin Christian Leipoldt aan Christina
Esselen skryf [Leipoldt se ma en pa] en in 1874 oorreed hy haar om by
hom in Soematra aan te sluit en met hom te trou. In April 1874 vaar sy
met die Windsor Castle na Europa, waar sy Londen, Barmen en
Amsterdam besoek. Op 9 Augustus 1874 vertrek sy uit Southampton om
deur die Suezkanaal na Soematra te reis, waar sy op 21 September
aankom. Op 15 Oktober 1874 trou sy en Christian. Die briewe aan haar
ouers, susters en vriende tydens haar Europese reis en haar verblyf in
Soematra wat bewaar gebly het, vorm deel van die familiebriewe.
Wat ’n mens by die lees van hierdie briewe allereers opval, is die wis-
selende handskrif: soms skryf sy slordig en onnet, ander kere is die skrif
baie netjies en feitlik kalligrafies versorg. Christina kon, volgens haar dig-
ter-seun, Duits goed skryf en lees, maar haar Nederlands was nie “eerste-
klas” nie en sy het by voorkeur Engels en Afrikaans gepraat. Die briewe
is dan ook oorwegend in Engels geskryf, maar met heelparty Afrikanis-
mes en Nederlandse woorde en frases. So byvoorbeeld skryf sy “kinders”
in plaas van “kinderen”,“kombers” in plaas van “deken”en verwys sy na die
Batak-kinders as “klein snotneusies van drie jaren die rooken al net zoo
fluksch als de ouden”. Bataks bly vir haar vreemd. Wanneer 'n sendeling in
die kerk vir 'n man sê: “Poepoe ma in” (Kom in, gaan voort), wil sy lag; “it
sounds like something else”. By twee geleenthede praat sy oor haar klere-
drag in die warm Ooste en gebruik sy 'n woord wat haar seun later in die
Afrikaanse taal sou invoer en waaraan hy ’n besondere soort vers van hom
sou koppel: “I think it awfully stupid to go about like slampampers in sarong
kabaja & sloffen the whole day, & then when evening comes to dress up”;
“You see a young lady dressed in a white Muslim dress so dirty that you
shudder to look at it, ribbons, laces, everything to match by way of dirt &
tawdryness, quite as your Papa would say a la ‘slampamper meid’.”
...
|
|
|
Post by cjm on Jun 9, 2014 7:08:22 GMT
HAT- inskrywing
slam.pam'per s.nw. (-s) (w.g.) Brasser,
drinkebroer; leegloper; niksnuts: So 'n
luie slampamper. ww. (geslampam-
per) Bras, drink; leegloop; níks doen
nie: Hy slampamper maar so deur die
lewe. slampamper: ~liedjie, ~y.
Ek dink dat hier 'n oorbeklemtoning van drankmisbruik is. Ek ervaar die woord minder negatief. Die woord 'loslit' sou ´n term wees wat ek hiermee in verband sou kon bring.
|
|
|
Post by cjm on Jun 11, 2014 18:19:40 GMT
Leipoldt se brief aan Verwey
Oom Gert vertel en ander gedigte (1911) word aanvanklik veral deur die Nederlander , Verwey (redakteur van De Beweging, in Nederland) geloof [sien in die algemeen, Kannemeyer: Leipoldt 319-326]. Wat hom veral beïndruk, is die mate waarin Leipoldt se werk poësie en nie blote verse is nie. Hy is gaande oor hoe dit so natuurlik soos spraak is, sonder die hinderlike formalistiese en Nederlandse elemente van bv Celliers.
In reaksie op Verwey se artikel skryf Leipoldt ´n brief aan hom. Ek haal dit hieronder aan. Dit val op dat Leipoldt meer as een keer melding maak van die slampamperliedjies wat hy nie verwag ´n goeie ontvangs onder sy landgenote sal kry nie - vanweë die *plat* styl. Dit mag wees dat daar in die brief ook daarop gesinspeel word dat die inhoud daarvan nie die Afrikaner sal geval nie. Ons wat Afrikaans as ´n geskenk ontvang het, dink ons moeilik terug in ´n era van Nederlands en waardeer waarskynlik nie die radikale breek van die eerste kunswerke in Afrikaans, daarmee nie - miskien opsigself ‘n postmoderne kenmerk? Dit is ook van ´n postmoderne perspektief noemenswaardig dat Leipoldt reken dat sy gedigte waarskynlik onwillekeurig gebou is op digkuns waarmee hy bekend is. Hy noem spesifief ‘n werk deur Grillparzer as inspirasie vir sy Slampamperliedjies. Kannemeyer merk egter in ´n voetnota op dat hy nie in staat was om so ‘n werk op te spoor nie.
Dit is interessant dat Leipoldt nie vir ´n oomblik twyfel aan Afrikaans en sy lewenskragtigheid nie.
Leipoldt se brief:
Hooggeachte Heer en (sta mij toe er bij te voegen) Vriend!
Voor wat U van mij schrijft zou het mij bijna overbodig wezen mijn innigen dank uit te spreken, niet alleen in zoover uw stuk mij per- soonlik geldt, maar vooral wegens de welwillendheid door U be- toond in zake onze ontluikende Zuid Afrikaanse letterkunde. Gewoon als ik ben aan de minachting waarmee mijn tegenwoordige omgeving hier in Engeland neerziet op alles wat naar “de Taal” ruikt, gewoon ook ik zeg het niet uit 'n gevoel van verontwaardiging, noch om daaruit bewijs te trekken voor 'n veronderstelling dat Ne- derlanders, op letterkundig gebied ten minste, ons taalgevoel en wat ermee verbonden gaat, afkeuren wanneer wij niet in gelijke lijn met hen marcheeren - aan zekere fijnspitsigheid in Hollandse kritiek over Zuid Afrikaanse zaken, was het mij een aangename verassing [sic] met uw stuk kennis te maken. Het schijnt mij dat U met meer dan vriendschappelijke sympathie onze jongere Zuid Afrikaanse ontwikkeling op taal en letterkundige gebied beoordeelt. Dáárvoor ben ik U van harte dankbaar, en ik weet dat die dankbaarheid ook door vele van mijn medewerkers, die uw artikel zullen lezen, zal wor- den gevoeld.
Vergun mij nu 'n paar opmerkingen over wat U zo welwillend van mijn gedichtjes geschreven heeft. Ze waren mijn eerstelingen, ge- maakt zoals ik in mijn voorbericht verklaard heb onder zekere ge- moedsomstandigheden die mij noch stijl noch vorm degelik in acht deden houden. Dat ze duidelike sporen dragen van de invloed die mij vóórgegaan hebben, weet ik heel wel. Voor “Oom Gert” b.v. diende - ik wil niet zeggen als model, want ik trachtte zijn eigen wenk met betrekking tot na-aping van het klassieke altijd in oog te houden, maar toch als maat voor wat ik wou bereiken - Multatulis Golgotha. En U hoeft slechts “Vaterland und Politik" te lezen om te weten hoezeer ik onder de invloed van Grillparzer stond toen ik de Slam- pamperliedjies! Ik weet noch U noch dr de Vooys zou het mij kwalik nemen omdat ik, zoals ieder andere die tracht zichzelf te zijn, geenszins altijd die invloed van herinnerde stijl, vorm, en maat, kon ontwijken. Ook was, en is, dat mijn doel niet, want ik besef dat het werk van 'n voorloper op letterkundig gebied niet al te pyrotech- nisch[?]-oorspronkelik moet te voorschijn komen. Mijn streven in zover ik eigenlik 'n streven had of ervan bewust was, begon en ein- digde met de taak wat ik te zeggen had zoo eenvoudig mogelik en verstaanbaar als ik het kon uit te drukken. In zeker opzicht is mijn werk, zoals U ook zegt, nader aan het eigenlike Afrikaans wat een- voudigheid en een “dwars door alles heen er op uitgaande” stijl be- treft, dan dat van Celliers. Maar of ik eigenlik recht heb mijn werk te beschouwen als meer vertegenwoordigend, waar het nationale be- grippen, gevoel, vooroordeel [etc?] geldt, daarvan ben ik niet zo zeker, al schrijft U ook zoo aanmoedigend erover. Want ik weet dat sommige van mijn gedichten mijn landgenoten niet zullen [beha- gen?] - integendeel. Toen ik die verzen maakte was het nog natuurlik geheel onverschillig wat of hoe iemand anders erover zou denken. Ik gevoelde de geweldige aansporing, aan de eene kant van onze fraaie Afrikaanse natuur, op de andere van die ellendige omwente- ling die in 1899-1902 ons allen in ZA. een vooruitstotende schok gaf. Wat ik dichtte was voor eigen vermaak, deels om mijn heimwee, mijn “huis toe gaan pijn” te verzachten, deels om lucht te geven, al was het maar in eenzaamheid, aan gedachten en gevoelens die ik had. Van politiek, laat staan voor kampvechterij voor het Afrikaans was er geen sprake. Want ik heb altijd onze taal als 'n fait accompli aange- nomen, en bekommer mij er heel weinig over wat er ten nadele daar- van gezegd of geschreven wordt. Maar juist mijn “versies maak uit puur verstrooiing" zonder eigenlik een doel voor oogen te houden, zullen mijn landgenooten afkeuren, zoals ze reeds nu mijn “platheid” afkeuren in tegenstelling met de deftigheid van Totius en Celliers. Psychologies is het mij hoogst interessant die punten van verschil en afwijking tusschen mij en genoemde dichters na te gaan en mijn werk bij het hunne te vergelijken. De slotsom van zo 'n studie is dat de meeste Afrikaners de Slampamperliedjies niet zullen goedvinden zo- lang De Kinderharp het model blijft van alles wat in ZA. als dichtkunst wordt aangezien.
Vergeef mij dat ik u zoo 'n lange en eenzijdige brief schrijft [sic]. De welwillendheid en medegevoel door U in uw stuk jegens mij betoond, doen mij U so breedvoerig lastig vallen. [Ten slotte?], nog~ maals mijn oprechte dank voor uw aanmoediging. Die is mij hartelik welkom, en zal mij, ik geloof het stellig, nieuwe kracht geven verder te werken.
Ik groet U met hoogachting Uw dwv
C. Louis Leipoldt,
Laastens kan ‘n mens kennis neem van Van Wyk Louw se oordeel oor Slampamperliedjies: ... Maar steeds het kritici Leipoldt se taalgebruik en wat hy in sy brief aan Verwey as sy modelle en voedingsbronne aandui, nie genoegsaam bestu- deer nie, ook nie nadat hy in 1940 in sy artikel “Oor my eie werk” van die skrywers noem wat hom beïnvloed het nie. In sy brief aan Verwey sê hy uitdruklik dat sy eintlike strewe as digter “begon en eindigde met de taak wat ik te zeggen had zoo eenvoudig mogelík en verstaanbaar als ik het kon uit te drukken''. Eers in 1940 het N.P. van Wyk Louw in sy voortreflike opstel oor Leipoldt, wat by geleentheid van die digter se sestigste verjaar- dag verskyn het, dié strewe tot die egte spreektaal nader ontleed. Hy wys daarop dat Leipoldt se verse dikwels “so snel van wending as die gesprek self " is. Die slampamperliedjies is selde sang, maar eerder “liriese verse in die toon van die digter se gewone gedempte mymerpraat''.
...
Hierdie strewe tot die spreektaal is in dertyd deur kommentators soos Kamp nie na waarde geskat nie, terwyl latere kritici weinig erkenning gehad het vir die rigting wat Leipoldt daarmee vir die verdere ontwikkeling van die Afrikaanse literatuur én van Afrikaans as medium vir die poësie aandui. Juis daarom is Peter Blum se opmerking in 'n brief uit 1948, naamlik dat Leipoldt met al sy swakhede en Anglisismes “die vader van die Letterkundige Afrikaanse taal geword het”, so 'n sensitiewe en raak siening van die werklike groot bydrae wat Leipoldt met sy taalgebruik gelewer het.
...
Kannemeyer op cit p326
|
|
|
Post by cjm on Jun 17, 2014 4:43:56 GMT
Artikel oor Leipoldt in Die Burger van 9 Junie 1999.
Oor sommige van sy meer skokkende uitsprake sê Kannemeyer in sy biografie oor Leipoldt dat hy graag mense geskok het met sy uitsprake. Alles moet dus nie letterlik opgeneem word nie.
Skrywer is soms `enfant terrible'
* Oor kannibalisme: mensvleis smaak soos kalfsvleis geniet soos steak, met wyn en rys (uit William Seabrook se Jungle Ways, 1931).
* In Londen het Leipoldt terwyl hy met sy mediese studie besig was, ``dikwels Sondagaande in hotelle soos die Carlton, die Ritz en die Savoy gaan skottelgoed was om sy inkomste aan te vul''. Hier het hy kennis gemaak met die meestersjef Auguste Escoffier van wie hy meer geleer het oor kosvoorbereiding, en onder sy leiding later 'n diploma in internasionale kookkuns behaal het (1999:195).
* Leipoldt was 'n gastrosoof (eerder as gourmand of alleseter, of gourmet, voorskriftelike) een wat alle faktore wat die genieting van voedsel bevorder, in ag neem.
* Hy het geen musieksmaak gehad nie, waarskynlik uit gebrek aan blootstelling: ``My father was (. . .) an expert fiddler, and his hobby used to be playing his old violin, a relic of his Utrecht student days. After a while he gave it up I believe because some of the congregation thought Mozart and Beethoven were dans liedjies or dancing tunes, and objected to their predikant spending his leisure hour in playing such worldly compositions''. (1999:207)
* ``Slampamper'' (soos in Slampamperliedjies) is 'n woord in Bataks (uit Soematra) en beteken iets soos slodderkous om in slordige, informele of toiingrige klere rond te loop. Uit 'n brief van Leipoldt se moeder: ``I think it awfully stupid to go about like slampampers in sarong kabaja & sloffen the whole day, & then when evening comes to dress up''. (1999:26)
* Oor etes by Leipoldt tuis: ``Dikwels is die geregte gekies om die gaste te skok, te verbaas of te betower. . . biltong van leeuboud as peuselgereg. . . eland berei in seekoeivet. . . eekhorings en krimpvarkies. . . By geleentheid het hy by 'n byeenkoms van die Oranjeklub gesê dat pasgebore muisies in warm heuning gedoop en heel-heel ongeveer soos oesters gesluk die heerlikste gereg is wat hy ken''. (1999:598). (Helize van Vuuren)
|
|
|
Post by cjm on Aug 8, 2014 18:11:28 GMT
Leipoldt en die taalstryd I
Kannemeyer p59
Tuis het die Leipoldt-kinders almal naas Afrikaans en Engels ook Duits gehoor, terwyl die ouers, wanneer hulle wou hê die kleintjies moes nie weet waaroor hulle praat nie, ook dikwels Maleis of Bataks met me- kaar gepraat het, iets waarvan die jong Christie met sy gevoelige oor vir tale gou enkele woorde kon volg. Vir kinders wat só poliglotties groot- word, is ’n enkele moedertaal nie 'n uitgemaakte saak nie. In later jare kon Leipoldt die eis om moedertaalonderwys van iemand soos CJ. Lan- genhoven glad nie begryp nie en het hy die leuse dat die “taal gans die volk is" ten sterkste ontken. Wanneer Leipoldt sulke argumente gehoor het, so skryf hy in sy “jeugherinneringe'' vra hy hom af “hoe op aarde ek dit sover gebring het om iets aan te leer voordat ek regtig met waarheid kon sê wat my huistaal eintlik was. . . . Sover ek my kan herinner, het ek die drie huistale Engels, Duits en Nederlands tesame geleer (as dit geleer kan genoem word) en sekerlik het ek al drie met dieselfde belangstelling en gemak gelees lank voordat ek iets in Afrikaans geskrywe ter hande ge- kry het.”
|
|
|
Post by cjm on Aug 9, 2014 5:53:18 GMT
Leipoldt en die taalstryd II
Kannemeyer p493
...
Leipoldt se neiging om mense te skok, sy kosmopolitiese ingesteldheid
en sy dikwels spottende uitlatings oor die Afrikaner se trots op sy afkoms
en sy kulturele prestasies is iets wat baie mense opgeval en in die harnas
gejaag het. In 'n artikel in die Natal Mercury van Desember 1926 spreek hy
dit as sy oortuiging uit dat Afrikaans geen ekonomiese toekoms het nie en
stem hy saam met 'n Rhodesiër wat sy kind nie Afrikaans wou laat leer nie.
Kort voordat hy in 1928 na Brittanje sou vertrek, sê hy in 'n lesing voor die
Algemeen Nederlands Verbond in Kaapstad dat die Afrikaanse letterkun-
de “sal kwyn en verdwyn as nie steun gesoek word by die Nederlandse
letterkunde van vandag en die verlede nie" By herhaling waarsku hy teen
die oorskatting en ophemeling van alles wat in Afrikaans geskryf word en
pleit hy vir 'n vergelyking met wat in ander lande verskyn. In dié verband
kon hy egter soms baie eienaardige dinge kwytraak. By geleentheid het hy
gesê die Afrikaanse letterkunde behoort nie aan wêreldstandaarde gemeet
te word nie, maar eerder aan die van ’n klein landjie soos Portugal. Oor
wie hier te lande die vergelyking moes doen en waarom nie 'n nog kleiner
landjie soos Nederland nie, het Leipoldt hom nie uitgespreek nie!
Ook polemies kon hy oor sake rakende die Afrikaner standpunt in-
neem. Wanneer H.P. Lamont, dosent in Frans aan die Transvaalse Univer-
p494
siteitskollege, in 1932 die boek War, wine and women anoniem publiseer en
daarin kwetsende dinge oor die Afrikaner en sy voorsate kwytraak, word
hy deur vier jong mans van sy woning ontvoer en geteer en veer. Hierdie
voorval en sy afdanking as dosent nadat sy identiteit as outeur in die daar-
opvolgende hofsaak bekend gemaak word, laat Leipoldt heftig reageer. In
teenstelling tot Langenhoven, wat in die postuum gepubliseerde “Die
boetekollekte” die optrede van die teer-en-veerders verdedig, teken Lei-
poldt in Die Volkstem van 14 April 1932 in belang van alle skrywers protes
aan teen die “nuwe reël” dat 'n skrywer nie geregtig is om sy karakters te
laat praat op 'n manier wat, “hoe aanstotelik dit ook vir sommige mag
wees, realisties en waar is. En nog verder protesteer ek ten sterkste teen
die veronderstelling dat as iemand iets skryf wat sommige Afrikaners ver-
keerd en lelik vind, hy daarom en daarvoor uit sy betrekking moet gesmyt
word.” En sy vriende by die Afrikaanse pers het hy aanstoot gegee met sy
uitspraak dat ons koerante nog hoofsaaklik op 'n uitheemse, hoofsaaklik
Engelse, fondament berus, nog nie 'n eie tradisie ontwikkel het nie en
gevolglik geen bydrae tot die kulturele ontwikkeling van die Afrikaner
lewer nie.
...
|
|
|
Post by Trog on Aug 9, 2014 8:07:00 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 9, 2014 9:32:35 GMT
Dan Roodt het sekere ongure dinge aan Gordimer togeskryf wat in een van haar boeke voorkom. 'n Soortgelyke oefening. Om iemand uit sy pos te ontslaan vir 'n werk van fiksie is darem net te veel. Die een ding wat darem staande gebly het in hierdie tragiese verhaal is die regstelsel. Die ANC se aanvalle op rassisme, skilderye en dies meer is ook soortgelyk - die geskiedenis wat hom herhaal.
|
|
|
Post by cjm on Aug 10, 2014 5:56:49 GMT
Leipoldt en die Taalstryd III
Teenswoordig is daar navorsing wat skynbaar daarop dui dat Moedertaal-onderwys, veral in die laer grade, wel 'n voorsprong bied.
|
|
|
Post by cjm on Aug 16, 2014 8:30:05 GMT
Leipoldt en die Taalstryd IV
Kannemeyer p430
HOOFSTUK XIII
“MY RUIG VERBEELDING"
WANNEER LEIPOLDT IN APRIL 1914 NA SUID-AFRIKA TERUGKEER, IS 'N
belangrike gebeurtenis in Kaapstad aan die gang wat later as ’n kerndatum
in die stryd om die erkenning van Afrikaans as taal bekend sou staan.
Op 23 April van daardie jaar, dae ná Leipoldt se aankoms, slaag C.J.
Langenhoven, vurige kampvegter vir Afrikaans in die suidelike Het
Zuid-Western en kort tevore tot provinsiale raadslid vir Oudtshoorn verkies,
om 'n onbestrede mosie by die Kaapse provinsiale raad aanvaar te kry
waardeur Afrikaans pleks van Nederlands vir Afrikaanssprekende kinders
tot en met standerd IV as voertaal op skool gebruik word. In Julie 1914 hou
Langenhoven voor die Zuid-Afrikaansche Akademie voor Taal, Letteren
en Kunst sy welsprekende rede oor “Afrikaans als voertaal” waarin hy 'n
vurige pleidooi lewer vir die moedertaal en vir die algehele erkenning van
Afrikaans. Alleen deur middel van die volkstaal, sê Langenhoven, kan die
nasie verhef word, want die “taal is gans die volk”.
Van 1917 word Afrikaans dan ook al hoe meer, met uitsluiting van Ne-
derlands, in skole as onderrigmedium gebruik en in 1918 word Leipoldt se
vriend Smith op Stellenbosch en D.F. Malherbe in Bloemfontein tot
eerste professore in Afrikaans benoem. Die toenemende gebruik van
Afrikaans op skool, universiteit en ook in die kerk, waar Nederlands
nog 'n laaste vesting gehad het, lei op 27 Mei 1925 tot die amptelike erken-
ning van Afrikaans as landstaal saam met Engels. Hieraan het Langenho-
ven, naas sy rol as parlementslid, as taalstryder die grootste aandeel gehad,
Mense soos J.H.H. deWaal, G. S. Preller, W Postma, D.F. Malherbe en D.F.
Malan het telkens op die geskiktheid van die taal gewys by byeenkomste
van die Afrikaanse Taalvereniging en die Afrikaanse Taalgenootskap.
Langenhoven het egter ingesien dat die stryd vir Afrikaans slegs deur
die konstitusionele weg te volg, gewen sou kon word en dat iemand tot
die politiek sou moes toetree om daardie knoop deur te hak. En om die
pad verder vir Afrikaans oop te maak, moes hy, anders as medestryders,
teen Nederlands stelling inneem. “Had ek, soos my verstandige wapen-
broeders”, skryf hy in U dienswillige dienaar,“Nederlands aan die hand gehou
p431
as ’n bondgenoot en Engels bestry as die enigste vyand, dan had ek nooit
die Engelse ondersteuning gekry waarsonder my eerste poginkie in die
Provinsiale Raad reeds hopeloos sou misluk het nie. En ook dit was nie ’n
saak van berekende taktiek nie maar soos dit vir my eenvoudige vernuf
gelyk het en vandag nog lyk, ’n saak van blote logika. Engels moes, en sou,
in elke geval voortbly en die helfte van die terrein behou; die ander helfte,
óns helfte, moes op een of ander manier tussen Afrikaans en Nederlands
verdeel word - van hierdie twee kon die een alleen plek kry waar hy die
ander kon weghou.”
Aan die taalstryders se energieke ywer vir Afrikaans en aan Langenho-
ven se oorweldigende hartstog vir wat hy later as sy “lewensroeping'' op
aarde sou beskou, het Leipoldt geen aandeel gehad terwyl hy in Londen as
mediese inspekteur skole besoek of op die vasteland van Europa en Neder-
lands-Oos-Indië gereis het nie. In Londen was hy wel lid van die Afrikaanse
studente se vereniging en was hy bevriend met Johannes Smith, wat hom in
dié jare reeds met oorgawe aan ’n studie van die herkoms van Afrikaans
gewy het. Hoewel hy onder invloed van Smith se entoesiasme opnuut ge-
interesseerd begin raak het in sy Afrikaanse “versies”, wat 'n paar jaar reeds
byna vergete in een van sy laaie weggebêre was, kon hy, wat poliglotties
grootgeword en as kind meer as een taal gelees en gepraat het, nooit soos
Langenhoven ’n stryder vir Afrikaans word nie en het hy veral geen waarde
geheg aan die nasionale beweging onder Afrikaners nie. “Johannes Smith”,
so skryf hy by geleentheid aan sy oom Ewald Esselen, “is my very good
friend, a very hot Afrikaner who keeps me from forgetting that I ought to
be one myself”, ’n uitspraak waarin ’n mens, selfs al gaan die geestige ele-
ment daarin nie by jou verby nie, ’n sekere onverskílligheid in verband met
“Afrikanersake” bemerk. In later jare kon Leipoldt dan ook nie begryp
waarom van sy vriende so ’n sterk standpunt oor moedertaalonderrig in-
neem nie en was die stelling “die taal is gans die volk” vir hom bykans
sinledig en iets wat nie met sy eie jeugervarings gestrook het nie. In die
pastorie op Clanwilliam is Afrikaans, Nederlands, Duits en Engels afwis-
selend gepraat, al het die jong Christie graag en by voorkeur geluister na
baie van die oumense in die bruin woongebied wat met hulle verhale en
toorgoed, maar ook met hulle besondere woordgebruik, gesegdes en idio-
me, hom vasgenael kon laat sit en luister. Met ’n vader wat lank in Duitsland
gestudeer en op Soematra gewerk het, was daar egter geen sterk vaderlands-
liefde in sy ouerhuis aanwesig nie; eerder vanuit die sendelingingesteldheid
’n breë humanitêre gevoel vir die hele mensdom.
p432
Daarom ook dat Leipoldt ná die publikasie van Albert Verwey se be-
skouing oor Oom Gert vertel en ander gedigte in 'n brief kon skryf:
“Van politiek, laat staan voor kampvechterij voor het Afrikaans was er
[in Leipoldt se debuutbundel - JCK] geen sprake. Want ik heb altijd onze taal
als ’n fait accompli aangenomen, en bekommer mij er heel weinig over wat er
ten nadele daarvan gezegd of geschreven wordt." Ook ná sy terugkeer staan
hy in baie groot mate afsydig van die taalywer van skrywerkollegas, terwyl
hy weldra in die teenoorgestelde politieke kamp as die meeste van hulle
teregkom. Wanneer G. Dekker in sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis van Cel-
liers, Totius en Leipoldt as die “Driemanskap'' praat, is dit waarskynlik
die mees inhoudlose begrip wat ooit op die gebied van die Afrikaanse
letterkunde gemunt is, óók en verál as 'n mens die uiteenlopende geeste-
like agtergronde van die drie digters in ag neem. Terwyl Celliers en Totius
hulle akademiese opleiding op beperkte gespesialiseerde gebiede ont-
vang het aan inrigtings wat indertyd nie vir groot strominge toeganklik
was nie en weinig ervarings naas die van losiesplek en kollegesaal beleef
het, staan Leipoldt van die begin af oop vir invloede in die indertydse
metropool Londen, verken hy landskappe en agterbuurte, en verdiep hy
hom in 'n vakgebied waardeur hy die geleentheid het om die mens in sy
versnyding en distorsie - sowel liggaamlik as geestelik - waar te neem.
Aan die Vrije Universiteit van Amsterdam met sy geloofsvooroordeel en
-beperktheid probeer Totius so gou moontlik sy studie afmaak om na sy
land terug te keer, terwyl Leipoldt die vasteland van Europa deurreis om
sy mediese kennis te verruim en hom met besoeke aan kunsmuseums nog
verder as mens te verbreed. En terwyl Celliers hom as bittereinder ná die
Anglo-Boereoorlog in die (vir Europa) betreklik geïsoleerde Switserland
tussen die berge en die melkkoeie afsonder en weinig indrukke van die
res van Europa opdoen, bereis Leipoldt die hele kontinent, tot selfs in
Moskou, en besoek hy die twee Amerikas en die Verre-Ooste. Die begrip
“Driemanskap" berus hoogstens op die feit dat al drie digters ongeveer
dieselfde tyd debuteer en dat al drie verse oor die Anglo-Boereoorlog
skryf. By Leipoldt is hierdie gedigte egter tot sewe in sy debuutbundel
beperk!
In latere jare sou Leipoldt bedenkinge hê oor die vroeë amptelike er-
kenning van Afrikaans, omdat dit sekere verwagtinge geskep het waaraan
die taal in daardie stadium van ontwikkeling kennelik nie kon voldoen
nie. Afrikaans was volgens hom sedert sy amptelike erkenning in 'n be-
voorregte posisie en dit het die sigbare teken van die wit Afrikaanse kul-
p433
tuur geword: die taal waarin die nasionale ideale van die wit Afrikaner
geformuleer is. Hierdie posisie het Afrikaans volgens hom bereik deur
'n ongelukkige politieke verknooptheid en deur ’n beroep op die mislei-
dende leuse dat die taal “gans die volk” is. Sommige van die protagoniste
van Afrikaans -en hier het Leipoldt duidelik Langenhoven in gedagte —
het die ryk skat van die Nederlandse taal en literatuur van hulle probeer
afskud “and to look upon the sister language and culture as inherently
inimical to the development of a real Afrikaans nationalism. That has un-
doubtedly been detrimental to the natural growth of Afrikaans.”
Ten spyte van hierdie bedenkinge het Leipoldt tog kort ná sy terugkeer
uit Londen hom op die hoogte gestel van die geskrifte van Afrikaanse tyd-
genote en is hy deur sommige gedigte besonder beïndruk. In ’n artikel wat
hy in I946 op versoek van Die Burger skryf nadat Totius ’n ernstige hartaanval
kry en daar vir sy lewe gevrees word, sê Leipoldt dat Celliers, vir wie hy
persoonlik kort ná sy aankoms in Pretoria leer ken het, hom na ’n gesellige
aand in Sunnyside Wilgerboompies en Verse van Potgieter se trek geleen het.“Ek het
altwee boekies nog voor ek gaan slaap het deurgelees,” skryf hy, “en ek ont-
hou nog goed hoe aangenaam ek verras, hoe innig ek aangedoen, en hoe
hoog ingetoë ek was oor die oorspronklikheid, die eenvoudigheid, en veral
die openhartige opregtheid wat kenmerkend van altwee bundeltjies was.
Die tegniese moeilikhede van ’n digterstaal wat nog nie heeltemal uit die
bakermat geklim het nie, kon ek, deur eie ondervinding van die gesukkel
om die nare woordjie 'het'op die regte plek te gebruik, goed verstaan, en uit
'n puur mede-arbeidersoogpunt kon ek meevoel met iemand wat nog te
veel eerbied vir die ouer woorde-koppeling gevoel het om nie dit heelte-
mal te verwerp nie.” Hoewel ’n mens vermoed dat Leipoldt, waar hy hier ’n
artikel skryf wat as lykrede bedoel is, sy kritiek op Totius ’n bietjie versag en
dat hy self -met of sonder die hulp van Smith -meer raad met “die nare
woordjie “het” ” geweet en sy taal verder weg van die Nederlandse inslag van
sy tydgenote gestuur het, voel jy sy beklemtoning vanTotius se eenvoud en
sy “openhartige opregtheid” tog as eg aan. Sy eie lewensbeskouing en gods-
dienstige oortuigings -of gebrek daaraan - was in hierdie tyd ligjare ver-
wyder van die van Totius. Tog verhinder dit hom nie om waardering
daarvoor uit te spreek nie. Totius se poësie is dan ook, skryf hy, “die beste
voorbeeld wat Afrikaans opgelewer het van die ongeveinsde, kinderlike
onderwerping van 'n ryke, gevoelvolle verbeeldingskrag aan die onvermy-
delike beskikking van die goddelike bestiering volgens van kindsbeen in-
geprente geloofsopvatting”.
p434
’n Mens kan bedenkinge hê oor die mate van Leipoldt se kennis van
Afrikaanse tydgenote se werk. In sy bydrae tot The Cambridge history of the British
Empire verstrek hy byvoorbeeld foutiewe publikasiedatums by Trek-
kerswee en by sy eie Uit drie wêrelddele en Die heks, terwyl hy DF. Malherbe se
roman Vergeet nie ’n bundel poësie noem en die twee Van Bruggens as ou-
teur van Ampie verwar. Ook A.G. Visser se sterfdatum dui hy verkeerd aan.
In Bushveld doctor gee hy ’n kort karakteristiek van die ontstaan van Afri-
kaans en die eerste geskrifte in dié taal:
(Afrikaans) is old Dutch as spoken by the first settlers, modified by
usage into an inflexionless language that abounds in short syllables
and open vowels, and is eminently suited to express the feelings of a
simple people who delight in homely, domestic similes and who are
by nature emotional and sentimental. Like English it is adaptable; it
borrows readily, sometimes picturesquely colouring its loans and sa-
vouring them with a refreshing, idiomatic, racily pungent flavour.
Then it was not yet recognized as a language that could hold its own
with either English or Dutch. Even among the Dutch there were
many who scoffed at its pretensions, and denied that it could be
classed as a cultural factor. But a few years before Celliers had pub-
lished his poem “Die Vlakte”, which proved how suitable a vehicle
Afrikaans could be for expressing poetic emotion, and Dr du Toit
had followed with his war poems. These first indications of the cul-
tural value of Afrikaans had an almost immediate and lasting effect
upon the development of the language, for they showed the people
who used it that they talked something that was no longer a mere
“kitchen Dutch” but a vernacular that could hold its own with Eng-
lish as a competitor in the cultural development of the nation.”
Hoewel ’n mens oor die algemeen met hierdie karakterisering en die im-
pak wat die eerste geskrifte gehad het, kan akkoord gaan, sal ’n taalkun-
dige frons by die uitspraak oor die kort sillabes en oop vokale wat
Afrikaans dan kwansuis in vergelyking met die Nederlands van die eerste
nedersetters sou toon. Om Totius se By die monument - kennelik die bundel
waarna Leipoldt hier verwys -as oorlogspoësie te bestempel, lê die ak-
sente verkeerd. En 'n mens vra jou af of Leipoldt as gevolg van kwaai-
vriendskap Marais se “Winternag”, wat vóór “Die vlakte” van Celliers
gepubliseer is, verswyg, en of hy dit gewoon vergeet het.
...
p 436
...
Ten spyte van die karigheid van sy kontak met skeppende kollegas re-
senseer Leipoldt in sy Pretoriase jare naas mediese boeke en kulinêre ge-
skrifte enkele publikasies op die gebied van die Afrikaanse letterkunde.
As 'n mens dit lees teen sy latere nogal wrewelige afkeer van Langenhoven
se werk, toon hy in sy bespreking van Ons weg deur die wêreld heelwat waar-
dering vir die spreektaalwerklikheid van die samesprake en die enkele
alleenspraak in dié versameling. Sowel wat die woordgebruik as die be-
spiegelende inslag betref, hou hy egter minder van die mediterende essays
met hulle “preekstoeltrant”. Vir Reenen J. van Reenen se Celestine en ander
spookstories het hy minder waardering, omdat die skrywer 'n onvermoë
openbaar om 'n verhaal pakkend te vertel. By die “gewigtige punt” kan Van
Reenen hom glad nie inhou nie: “hij moet skree; hij moet die klem-woor-
de met groot letters skrijwe.” Die ware kunstenaar, sê Leipoldt daaren-
teen, “fluister as hij bij so 'n punt kom: juis die sagte gefluister gee die
indruk van geheimsinnigheid, moedeloosheid, angs, gevaar, smart, ver-
twijfeling”. Dat hy by tye wel analities te werk kon gaan, blyk uit sy be-
swaar teen Die lewenstuin van Celliers met sy “gebruik van kort, geklem-
toonde woorde” en 'n te weinig musikale vers, al het Leipoldt aan die an-
der kant te veel lof vir dié meditatiewe poësie waarin hy die “oorspronk-
likheid”, “gevoeligheid” en veral “wijsgerigheid” waardeer. 'n Merkwaar-
dige resensie, as 'n mens die tyd van ontstaan daarvan in ag neem, is dié
wat Leipoldt oor Roy Campbell se The flaming terrapin publiseer. Alhoewel
hy sê dat die skrywer soms deur die sangerigheid verlei word en die “in-
houd en sin” van sy gedig prysgee, sien hy dit as “een van die beste, een van
die allerbeste sou ek waag om te skryf, wat hier in Suid-Afrika ontstaan
het”. Hy het beswaar teen die “verhalende meter (sic) van Pope” waarin
die gedig geskryf is, maar hy meen dat Campbell daarin geslaag het om
p437
meestal “boeiend” te vertel. Die gedig maak indruk weens sy "bekoorlik-
heid” en “digterlike verbeelding" en hy waardeer die afwesigheid van pes-
simisme en “die pure genot van die lewe” wat daaruit straal.
Uit hierdie resensies leer ’n mens Leipoldt ken as 'n belese en beleë
persoon wat gevoelig kan lees en wat deur sy besondere indiwiduele kyk
op sake afwyk van die indertydse hoofstroom van die Afrikaanse kritiek
met sy aksent op die werklikheid - heel dikwels die Afrikaans-nasionale
werklikheid -as basis. Daarmee lewer hy ’n persoonlike bydrae tot die
Afrikaanse literêre kritiek.
...
|
|